Ons storie Ons kan hier ons eie storie met jou deel. Oor hoe ‘n passie vir Afrikaans sedert 2016 gegroei het tot ’n organisasie wat die taal, sy diversiteit en skoonheid vier, verken en bemagtig.

Maar Afrikaans.com gaan nie oor óns nie. Dit gaan oor die taal en sy mense.

Dit gaan oor die mense wat Afrikaans voete gee, die mense in wie se mond die taal verskillende vorme aanneem, dit gaan oor die organisasies wat die taal bevorder en geleenthede wat die taal vier.

Dit gaan daaroor om ’n saamkomplek te skep vir mense wat lees, leer, luister, kyk, koop en hoop in hul taal.

Dit gaan oor diegene wat lag, lekkerkry en lééf in Afrikaans. Dié wat makietie hou in hul taal, geraas maak in hul taal en meeste van alles… trots is op hul taal.

Ons is hier om húlle stories te vertel.

Hou Afrikaans.com dop vir alles oor Afrikaans… in Afrikaans.

*Afrikaans.com word deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) gefinansier.